
PAMPOENMOES
½ groot of klein pampoen, geskil en in dun skywe gesny
sout na smaak
6 – 10 snye witbrood (na gelang van groote van pampoen)
½ koppie botter of margarine
1 koppie suiker
6 stukke pyp kaneel, in klein stukkies gebreek
gedroogde lemoenskil of gerasperde skil van vars lemoen
½ koppie water (na gelang van hoe droog die pampoen is)
Geur die pampoen liggies met sout.
Smeer die brood aan beide kante met botter of margarien.
Hou ekstra botter om bo-op te stip.
Smeer die boom van ‘n kastrol met botter of margarien.
Pak die bestanddele in lae in die kastrol.
Begin met die broodlaag, gevolg deur ‘n laag pampoen, dan die suiker, kaneel-stokkies en droë lemoenskil.
Herhaal die lae en eindig met ‘n pampoenlaag waaroor suiker gestrooi is.
Stip met stukkies botter of margarien en sit die deksel op.
Kook oor stadige hitte tot gaar, of gebruik ‘n oondvaste bak en bak vir 45 minute teen 180ºC.
Voeg ½ koppie water by indien die pampoen droog word.
Sit warm voor.
VARIASIE
Laat die suiker weg en smeer die brood met appelkooskonfyt.
My ma het dit altyd met MARROW gemaak, maar dit is swaar om te kry.
Resep geplaas deur Edmund Erasmus






