

OMELET MUFFINS
1 ui, blokkies gesny en gesoteer
5 snye ham, in blokkies gesny
½ groen soetrissie, in klein blokkies gesny
½ geel soetrissie, in klein blokkies gesny
5 sampioene, in skywe gesny en weer in kleiner skyfies
1 koppie sterk cheddar kaas
½ koppie mozarella kaas
1 eetlepel mosterdsaad, fyngemaal
1 eetlepel varsgemaalde swartpeper
1 eetlepel paprika
1 teelepel sout
1 koppie room
5 jumbo eiers
Voorverhit die oond na 180°C.
Spuit ‘n muffinpan ordentlik met spray en cook.
Meng die uie, ham, pepers, sampioene en kase goed saam. Verdeel dit tussen die 12 muffin gate.
Meng die mosterd, peper, sout en paprika deurmekaar. Voeg die room by en meng goed. Voeg die eiers by en meng goed. Verdeel en giet oor die gevulde muffin gate.
Bak vir so 20 minute tot dit begin bruin word.
Laat die muffins so ‘n minuut staan in die muffin pannetjies en maak dan die kante met ‘n mes los. Lig die muffin uit die pannetjie met ‘n lepel.
Geniet.
Nota:
Jy kan die ham met gesnipperde spek of gesnyde ontbyt kaas-braaitjie worsies vervang.
Jy kan die groente vervang met waarvan jy ookal hou.
Foto: Wayne Dugmore






