MURGPAMPOEN BROOD GEREG
6 skywe pampoen so dik soos gesnyde brood vir die onderste laag. Gooi ‘n half koppie kaneelsuiker oor.
6 snye witbrood ruim gesmeer met botter beide kante vir die tweede laag .
Sny murgpampoen in skywe so dik soos gesnyde witbrood.
Pak laag pampoen in ‘n oondbak wat gesmeer is met klapperolie en gooi kaneelsuiker oor. Smeer witbrood beide kante ruim met botter en pak bo-op pampoenskywe en strooi weer kaneelsuiker oor.
Gooi ‘n half koppie rosyne op brood laag en herhaal met laag pampoen en brood soos vorige laag.
ek het geeindig met pampoen net omdat ek oor gehad het. Strooi weer kaneelsuiker op met klontjies botter.
Sit foil liggies bo oor en bak vir ‘n uur op 160°C. Ek het skil aangelos omdat dit baie sag is. Heerlik.
Resep en foto: Martie Brits
Tweede foto: Ansi Pypers Fourie