

LITCH TERT
1 x 350 g litchi’s of 2 koppies vars ontpitte litchi’s
250 ml suiker
250 ml melk
2 eiers
250 ml bruismeel
40 ml gesmelte margarine
Meng alles behalwe die litchis goed saam.
Gooi die deeg in ‘n goed gesmeerde bak, plaas die litchi’s bo-op deeg en druk effens in deeg in.
Bak in voorverhitte oond van 180ºC vir omtrent 30-45 min tot bruin en toetspen skoon uitkom.
Sous:
200 ml suiker
1 blik Ideal melk
5 ml vanilje geursel
Kook alles vir sous goed saam.
Gooi sous oor die tert sodra tert uit die oond kom.
Geniet koud saam room of warm saam vla.
Foto: Marietjie Groenewald






