

KLAM ROOI FLUWEEL KOEK MET SJOKOLADE GANACHE
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
knippie sout
30 ml kakao poeier
500 ml witsuiker
250 ml kookolie
2 groot eiers
250 ml karringmelk
10 ml vanielje geursel
30-60 ml rooi voedselkleursel
125 ml warm, swart koffie
5 ml asyn
Verhit oond tot 170°C. Smeer en voer twee koekpanne uit met bakpapier.
Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, kakao en sout saam. Hou eenkant.
Klits suiker en olie saam tot gemeng. Voeg eiers by en klits goed. (suiker sal nog grof wees)
Meng karringmelk, asyn, geursel en kleursel saam. Klits dit stadig by suikermengsel, tot net gemeng.
Klits droë bestanddele stadig by tot net gemeng.
Voeg koffie wat nog warm is, maar nie kokend, by en klits stadig tot net gemeng.
Skep in panne en bak vir 30-40 minute. Toets met tandestokkie. Verwyder wanneer daar net nog klam krummels aan stokkie kleef.
Laat panne afkoel op draadrak tot panne net warm is wanneer jy daaraan raak. Maak kante los met mes en verwyder koek versigtig uit panne. Laat afkoel tot koud. Wees versigtig, want die warm koek is baie delikaat en broos.
Versiersel:
150 g sagte margarien
500 g versiersuiker
100 ml kakao poeier
5 ml vanieljegeursel
60 ml room
Klits margarien en sif kakao en versiersuiker by. Voeg geursel by en dan room lepel vir lepel by totdat dit die regte konsistensie is.
Versier die afgekoelde koek daarmee. (heeltemal koud)
Ganache:
150 g donkersjokolade (nie bak sjokolade nie)
180 ml vars dubbeldik room
Breek sjokolade in blokkies en sit in hittebestante glasbak. Gooi room in kastrol. Laat warm word op plaat, haal af voor dit kook en gooi oor sjokolade.
Laat staan 3-5 minute. Meng goed en sit in yskas vir 10-15 minute om af te koel en te verdik.
Gooi oor versierde koek laat dit mooi op die kante afloop.
Foto: Elaine Steyn Steyn
Resep geplaas deur Elaine Steyn Steyn






