


PANNEKOEK MUFFINS MET OLIE
(Maak ongeveer 16 muffins)
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
5 eetlepels suiker
2 eiers
3 koppies water
½ koppie olie
1 eetlepel asyn
Meng al die droë bestanddele saam.
Meng al die nat bestanddele saam.
Gooi die nat bestanddele by droë bestanddele en meng goed.
Gooi in voorbereide muffin panne.
Bak 15 minute by 180°C.
Sprinkel kaneel suiker oor en geniet.
Foto: Natacha Visagie
2de foto: Chantelle De Bruin






