

EENVOUDIGE SAGO POEDING MET ‘N VERSKIL
(2 groot porsies)
2 koppies melk
½ koppie sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetlepels botter
2 eiers, geskei
⅓ koppie witsuiker
2 ml vanielje geursel
knypie sout
appelkooskonfyt
kaneel
Giet die melk, sago en botter in bak en mikrogolf vir 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel. Roer heel tyd terwyl jy byvoeg, meng goed.
Mikrogolf 2 minute op 100% krag.
Klits die eierwitte styf.
Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in met ‘n lepel tot gemeng.
Skep die mengsel in ‘n glasbak van jou keuse en stip so hier en daar met appelkooskonfyt.
Strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor met vla of soos verkies.
Foto: Petré van Jaarsveld






