

SUURROOM AARTAPPELSLAAI
180 ml mayonnaise
180 ml suurroom
2 eetlepels asyn
25 ml mosterd
140 ml stingeluie, gekap
140 ml agurkies, gekap
300 ml fetakaas, in blokkies
600 g baba aartappels, sag gekook (gebruik meer aartappels as jy minder sous op die aartappels wil hê)
Klits die mayonnaise, suurroom en asyn saam. Voeg dan die mosterd, stingeluie, agurkies en fetakaas by.
Gooi oor gekookte aartappeltjies. As sous te suur is, voeg bietjie suiker by.
Resep: Petro Calitz






