
AARTAPPELSLAAI MET SUURROOM
375 ml suurroom
38 ml witasyn
10 ml strooisuiker
3 ml mosterdpoeier
10 ml karwysaad
25 ml stingeluie, gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
6 groot aartappels in die skil gekook of
1 kg sakkie klein aartappeltjies
Meng al die bestanddele behalwe die aartappels goed saam. Trek die aartappels se skille af en sny in blokkies of skywe soos verkies.
Indien klein aartappeltjies gebruik word trek net die skille af. Gooi die sous oor, meng goed en bedien koud.
Lewer 8 tot 10 porsies.
Resep: Jan van Niekerk






