

PYNAPPEL-KOOLSLAAI
1 medium soet pynappel, grof gerasper
¼ koolkop, fyn gekerf (rasper as kool baie grof is, myne was mooi fyn met min stronke)
1 medium ui, gerasper
2 wortels, geskil en grof gerasper
¼ geel en groen soetrissie, fyngekerf
1 koppie grof gerasperde Cheddar kaas
2 takkies vars pietersielie, fyngekap
Ina Paarman’s Garlic and Pepper
sout na smaak
Meng alles saam in ‘n medium slaaibak, ek het geen slaaisous gebruik.
Die pynappel, wortels ens. maak bietjie sap en gee lekker smaak aan die gereg.
My slaai was redelik gou na dit gemaak is, bedien.
Resep en foto: Christelle van Rooyen
Nota: Die slaai moenie lank staan nie, dit maak baie sap. Bedien na voorbereiding.







geskuif