PITTIGE AARTAPPEL WIGGIES
Pittige (spicy) aartappel wiggies
3 medium groot aartappels, (skil aan) gewas en droog gemaak.
Sny in wiggies (aartappel in helfte gesny en elke helfte in 3 gesny).
olyf olie
oondbak wat met Cook and Spray uitgespuit is (maak die skoonmaak na die tyd makliker)
Speserye mengsel:
45 ml Ina Paarman potato spice
5 ml gerookte paprika
5 ml chipotle
10 ml gerookte rissie vlokkies
100 ml olyf olie
Gooi die speserye in plastiek sakkie wat groot genoeg is om al die aartappel wiggies te neem. Gooi die olie by en meng goed deur die sakkie te masseer. Sit die aartappel wiggies in die sakkie en masseer om al die wiggies goed te bedek met die olie mengsel.
Gooi uit in die oondbak en bak by 200°C vir 40 min of tot gaar.
Ek het in my LG Solardom Light oondjie gebak in vooraf verhitte oond by 200°C vir 35 min.
Ek het dit bedien met ‘n Prego steak rolletjies met gekarameliseerde uie en ‘n sagte eier.
Foto: Elsabie Templeton
geskuif