

PAPTERT MET SPEK, SAMPIOENE EN SPINASIE.
Ek het vandag hierdie paptert gemaak. Ek het Denite Cloete se sampioensous gemaak, het die resep aangepas. Het dit saam met ons braaivleis bedien, dit was heerlik gewees
Pap
2 desertlepels suiker
4 eiers
2 desertlepels olie
1 blikkie sweet corn
2 koppies mieliemeel
500 ml melk
250 ml room
5 ml sout
Meng al die bestanddele saam en hou eenkant tot jy die lae pak. Die mengsel bly rou.
Sampioen sous (Denite Cloete aangepas)
2 uie, fyn gekap
1 pakkie spek, gesnipper
1 pakkie sampioene, gesny
500 g spinasie, gekerf
1 pakkie sampioen soppoeier
250 ml vars room
250 ml gerasperde kaas (of meer as jy wil)
150 ml melk (dalk ‘n bietjie meer, as nodig)
speserye, sout en peper (Ek verkies Ina Paarman se Rosmary and Olive. Dit komplimenteer baie goed)
Braai spek tot gaar, voeg uie by braai tot sag.
Voeg spinasie by, braai tot amper gaar, geur met speserye na smaak.
Draai plaat af op laagste.
Maak sampioen soppoeier aan met ‘n halwe koppie water.
Gooi aangemaakte sampioensop en room by groente en laat prut vir 5 minute.
Voeg kaas geleidelik by en roer tot ingesmelt.
As jy sien die sop raak te dik, voeg melk by tot jy die regte “consistency” kry.
Plaas die helfte van pap mengsel in ‘n oondbak.
Sit spek, sampioene en spinasie mengsel bo-op papmengsel.
Sit die res van pap mengsel bo-oor.
Bak vir 60 min by 180°C.
Strooi gerasperde kaas oor, plaas terug in die oond tot kaas gesmelt is.
Resep en foto: Elna Erasmus






