

LEKKER LIGTE SLAAI VIR AANDETE
6-8 kersie tamaties verskillende kleure, gehalveer
So 3-4 kruisement blare, gekap
3 spruite suurlemoen gras, gekap in klein stukkies
3-4 stingels met blare pietersielie
1 golden delicious appel, in dik skywe gesny en pitte verwyder
4 snye komkommer, in stukkies gekap
Meng al die gekapte bestanddele in suurlemoen of balsamiese asyn of jou keuse van asyne in ‘n bak en meng. Gooi sout en peper op na smaak.
Plaas appel skywe op bord en plaas van mengsel bo-op elke skyf, indien nodig gooi nog sout of peper oor en geniet.
Genoeg vir 1.
Ns: Verskeie variasies kan gedoen word soos tuna, hoender en mayonnaise, maaskaas, avokado of feta bo-oor. Of sommer ‘n kombinasie van keuses.
Resep en foto: Walter Blender






