

GEBAKTE HOENDERLEWERS MET SUURSOUS
Heerlike middagete geëet, gebraaide spek, gebakte tamatie, hoenderlewertjies gebak en suursous met stywe pap.
500 gram hoenderlerwertjies
Maak mooi skoon en druk ‘n halwe lemmetjie se sap oor lewertjies.
Geur met:
1 teelepel gebreekte koljander
1 teelepel bbq speserye
1 teelepel aromat
Meng goed, rol nou elke lewertjie in meel en bak in vlak olie oor medium hitte (ek het gas stoof en is bietjie vinnig)
Bak mooi bruin en amper gaar, skep uit en laat rus, maak sous van die bietjie meel wat oor is in jou bak waarin lewertjies was en voeg 1 teelepel bisto by. Meng met bietjie water.
Deglace jou pan met bietjie water en voeg sous mengsel by kook goed deur.
Proe vir nog geurmiddels. Ek voeg nog bietjie swart peper by asook lea perins Worchestersous, Dit laat my terug verlang na my ou moeder, dit was Saterdae oggende se “brunch” in ons huis, partykeer niertjies of wors of ‘n tjoppie.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk






