

LEKKER BOERE SUSHI
Lekker boere sushi vir die kosblik.
1 sny brood, platgerol en korsies afgesny en botter gesmeer.
¼ van snytjie in lengte, Bovril gesmeer
¼ met smeerkaas gesmeer
Het sommer bietjie ertjies fyngedruk en bietjie mayonnaise ingeroer en gesmeer op res van sny.
Worsie op die sny gesit en dit opgerol en rol in wiele gesny.
Dit is njammies lekker! Sommer net weer lus gewees vir speel.
Resep geplaas deur Roni Van Der Walt
Foto © Roni Van Der Walt






