

VERKLEURMANNETJIE TERT
Resep: Babsie Basson
Foto: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
1 blik karamelkondensmelk
1 blik vrugte
1 pakkie jellie
1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 eetlepel botter (gesmelt)
Maak die koekies fyn en meng met die gesmelte botter. Druk die koekiemengsel in tertbak se bodem vas. Dreineer die sap van die vrugte en maak die vrugte fyn. Verhit die sap van die vrugte en vul dit aan met water tot 1 koppie vloeistof. Maak die jellie aan met die sap en water.
Meng die jellie, vrugte en karamelkondensmelk en plaas ditop die tertkors.
Plaas in die yskas vir minstens 1 uur. Garneer met vars vrugte en room.
Voorstelle van jellie en vrugte:
pienk jellie en aarbeie
groen jellie en kiwi of appel
geel jellie en pynappel
oranje jellie en perskes
pienk jellie en koejawels
geel jellie en piesangs of suurlemoene
blou / pers jellie en bloubessies






