

TOEKIE SE PIZZA
Deeg
2 koppies meel
knippie sout
1 eetleppel olie
1 koppie warm water
10 g kitsgis
Gooi meel in bak saam met sout, olie en gis. Gooi nou bietjies warm water in. Kry jou man om jou te help en meng tot die koppie water alles in is. Gooi bietjies meel oor jou hande as dit vas klou. Begin knie en los op ‘n warm plek tot dit bietjie opswel, druk nou plat in ‘n groot pan.
♡ Ek het opgesit ♡
Soutvleis wat oorgebly het
Smeer tamatiesous gemeng met sweet chilly sous en tiemie. Dan die vleis, pynappel en kaas. Bak tot lekker krakerig by 180 ºC vir ongeveer 35 min. Hou maar dop dat dit lekker krakerig en gesmelt is.
Foto en resep: Toekie Bosch






