

LEKKERSTE MALVAPOEDING
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep geplaas deur Kokkedoor Tessie Els Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Die lekkerste Malvapoeding!!
2 eiers
2 koppies suiker
2 koppies koekmeel
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 koppies melk
3 eetlepels bruin asyn
sout
Klits eiers en suiker goed saam. Voeg alles by eier- en suikermengsel en klits tot net gemeng.
Bak teen 180 °C vir ongeveer 30 minute tot gaar.
Wanneer poeding uit oond kom gooi dadelik warm sous oor.
Sous:
2 koppies suiker
2 teelepels vanilla geursel
1 koppie water
1 blik Ideal melk
250 g margarien
Kook alles saam.
Lollie Blossom:
Hierdie is die resep wat ek ook gebruik, maar 4 koppies suiker is te veel. Ek verminder die sous se suiker na een koppie toe. Die poeding self se koppies suiker maak ek ook nie heeltemal vol nie. Dit bly ‘n bobaas poeding.
Lea Drieselmann:
Ek maak die presiese een, maar verminder die suiker in die stroop sodat dit nie so soet is nie.







geskuif