

SOET PATATS IN LEMOENSAP MET BOTTER
Skil gelyke hoeveelheid geel en oranje soetpatats en laat in koue water met so 50 ml suurlemoensap lê tot dit gesny en gekook word. Suurlemoen voorkom dat die patats donker merke kry.
Kook in genoeg vars lemoensap om die patats feitlik toe te maak. Gooi groot knippie sout by. Sit lekker groot eetlepel of twee botter by. Laat die patats kook tot dit gaar is en die sap feitlik weggekook het en taai word van die botter en suiker in die lemoensap. As die sap wegkook voor die patats gaar is, gooi nog bietjie lemoensap by.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton






