SJOKOLADE MOUSSE MET NUTELLA
Kersdag nagereg!
300 g donker sjokolade (ek het 150 g sjokolade en 150 nutella gebruik)
30 g botter
6 eetlepels strooisuiker
2 eiers (liggies geklits)
4 eierwitte
500 ml room
Smelt sjokolade oor ‘n pot met water. Voeg die botter by en meng goed. Laat effens afkoel. Klits die 2 eiers liggies. Voeg by sjokolade mengsel. Klits die eierwitte tot sagte punt en voeg suiker bietjies bietjies by.
Voeg ‘n 1/3 van die eierwitte by die sjokolademengsel om dit los te maak en vou dan die res van die eierwitte in. Klits die room styf en vou dit by.
Skep in individuele bakkies of in ‘n bak. Dit maak ontrent 10 porsies.
Bedien met klein skuimpies (ANDRIE SE SKUIMPIES) en aarbeie.
https://www.foodloversrecipes.com/2018/05/andrie-se-skuimpies/
Resep en foto: Andrie Grimsell
geskuif
gedoen