



ANDRIE SE SKUIMPIES
3 eierwitte
1 ½ koppie strooisuiker
1 teelepel vanilla essense
1 teelepel asyn
2 teelepels bakpoeier
Knipie sout
Vooraf verhitte oond, 110º C. Voer bakplate met bakpapier uit (ek gebruik sommer gewone print papier gesmeer met ‘n laag margarine.) Sit een kant.
Meng eierwitte en 1 koppie strooisuiker saam, klits tot baie styf. Gooi res van die suiker, bakpoeier, vanilla, asyn en sout by. Klits tot baie styf. Stywe vorm bereik.
Skep mengsel in verskillende bakkies en gooi kleursel van jou keuse by. Vou die kleursel in.
Skep mengsels saam ‘n in “pipingbag” ( of vriessakkie werk net so goed.) Voeg al die verskillende kleure in of een kleur per sakkie. Knip punt af en druk uit op voorbereide bakplate.
Bak in die lae hitte oond vir 2½ ure tot 3 ure.
Resep en Foto: Andrie Grimsell







Geskuif Augustus 2021
Geskuif