

KERSFEES ROOMYSKOEK
1 liter vanilla roomys
1 liter sjokolade roomys
100 g rooi kersies
100 g gekapte neute
1 blikkie karamel kondensmelk
3 x 100 g sjokolade
Voer ‘n ronde bak uit met kleefplastiek en druk vas in lae:
Vanilla roomys
Sjokolade roomys met neute
Vanilla roomys met gekapte rooi kersies
Sjokolade roomys
Karamel kondensmelk
Vries die koek baie goed.
As dit op glasbord uitgegooi is, smelt 300 gram sjokolade en gooi bo-oor.
Foto: Ansie Vermeulen Steyn







Submitted by Stien