

GEELSTERT KERRIEVIS
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
3 tot 4 kg vars geelstert, gefillet
Sprinkel sout en peper na smaak oor vis, sny in kleiner porsies, hou eenkant.
Kerrie sous:
6 medium uie fyn gesny (Het mandeline gebruik)
Braai uie in groot plat swaar boom kastrol (verkieslik stainles steel) nie bruin nie net deurskynend
Voeg volgende by:
2 eetlepel borrie
2 eetlepels medium kerrie
1 koppie appelkoos konfyt
2 teelepels aromat
1 teelepel varsgemaalde swartpeper
4 heel naeltjies
1 teelepel vol van karwy saad, gebreekte koljander
10 lourier blare
1 koppie asyn
1 koppie ligbruin suiker
±1½ koppie water
As uie klaar gebraai is, voeg alles by, net nie die vis nie. Skep nou helfte van uie en sous uit, hou eenkant. Pak vis in enkel laag.
Skep die sous en uie bo-op die vis, en pak ander vis bo-op sous. Ek pak my vis vleiskant onder toe.
As vis begin kook, sit deksel op en kook vir net 20 min. Skep vis in lae met uie en sous in erde-bak, koel af en sit in yskas. Vat so ‘n week om lekker in te trek.







Geskuif met nuwe foto.