

TAMATIE EN EIER MENGELMOES (SHAKSHUKA)
Eerste probeer slag. Kan die dis enige tyd van die dag geniet.
Bedien 2 – 4 mense
Kook tyd: 30 – 45 min
1 ui
1 pakkie sampioene
1 pakkie “diced bacon” spek
1 tamatie
1 blikkie tamatie en uie smoor
5 eiers
klein bietjie tamatie sous
klein bietjie blatjang, vir die soetigheid
½ koppie water
sout en peper na smaak
knippie barbecue spice
chilli flakes
Verhit pan met bietjie olie en begin uie braai, wanneer uie half gaar is, gooi sampioene en spek in en kook tot gaar.
Voeg gekapte tamatie by en klein bietjie water en kook tot sag. Voeg nou blikkie tamatie en uie smoor, blatjang, tamatie sous, sout en peper, knippie barbeque spice en die res van water by en kook tot lekker dik “smoor”.
Maak klein ronde spasies in die smoor en gooi die eiers in daardie spasies. Sit deksel op en kook tot eiers gaar is, maar eier geel nie hard nie. Moet nog lekker loop.
Bedien met lekker broodjie.
Dit is heerlik.
Kan enige vleis gebruik of hoef nie vleis te gebruik nie.
Foto en resep: Quintus Lou Gerber






