

PETRA SE TUISGEMAAKTE CHAKALAKA
2 medium tamaties
1 groterige ui
1/2 blik baked beans*
3 kleinerige wortels
greenpepper
Enige groente kan uitgelaat word en met ander groente vervang word.
Indien wortels uitgelaat word vervang dalk met gevriesde mielies of vars pynappel blokkies vir ‘n effe soeter smakie. Groenboontjies, mielies, ertjies ens kan gebruik word.
* baked beans kan met droë bone vervang word.
Kook sommer die hele sakkie droë bone vooraf en vries in skoon gewaste broodsakkie, skep ‘n porsie en maak ‘n knoop en skep ‘n porsie en maak ‘n knoop.
En met elke gebruik, haal een porsie uit en ontvries.
Kerf groente. Sny die wortels julliene styl. Braai uie en voeg geleidelik ander groente by.
Voeg 1/2 teelepel kerriepoeier by, die volgende is opsioneel:
knippie peper/chillie poeier/paprika.
Gooi baked beans of voorafgekookte droë bone of lensies by en wortels en stoom met deksel tot wortel effe gaar is.
Die resep is soos hierbo geskik vir pasiente met hoë bloedruk, diabetes en hypercholesterolemia.
Indien besluit om saam met brood/stywe pap/ rys/ gaar koring/stampmielies te bedien- neem asb die stysel in ag, indien u ‘n diabeet is.
Foto: Petra van Zyl






