

MARINADE VIR GEBRAAIDE BEESRIB
(1 deel: ± 250 ml en resep was vir 40 stukke)
2 deel Worcestersous
2 deel suurlemoensap
2 deel olyf olie
1 deel heuning
Italian herbs, na smaak
2 dele Steers marinade sous
Plaas alles in blender vir ‘n minuut.
Knoffelsout en pepper die vleis aan albei kante. Bedek vleis met marinade en marineer vir 48 uur. Braai oor matige kole tot gaar. Laaste 10 min smeer gunsteling braai sous oor en braai tot verbruin het.
Resep en foto: Suenell Liebenberg






