

GESONDHEIDBESKUIT MET BRUISMEEL
Resep en foto: Monique Sarluis Swanepoel
FOOD LOVERS RECIPES
250 g botter
1 koppie olie
2 koppies suiker
2 eiers
500 ml karringmelk
1 koppie nutty wheat
3 koppies all bran flakes
1 kg bruismeel
1 teelepel sout
1 pakkie 100 g sonneblomsaad
Meng ALLES goed saam.
Sit in voorbereide oond pan, en bak teen 180 ºC vir so 40-50 min.
Haal uit, laat bietjie afkoel, sny of breek soos verlang en droog uit.
Maklikste beskuit ooit.






