MARINA SE KERRIEPERSKESLAAI
Hierdie is ‘n heerlike bykos. Ek eet dit sommer bo-op ‘n sny tuisgebakte brood ook, hierdie perskeslaai is nou vir jou heerlik!
1 groot blik perskes, sny kleiner as dit in halwes is
Gooi die perskesap in ‘n kastrol (hou perskes eenkant)
Sny 6 uie in ringe, kook dit gaar in die perskesap.
Meng dan die volgende saam en voeg dit by die uie en perskesap, kook deur tot gaar:
2 teelepels borrie
1 teelepel kerriepoeier (na gelang van smaak)
½ koppie druiwe asyn
3 – 4 eetlepels suiker (na gelang van smaak)
knypie sout
1 koppie pitlose rosyne
1 eetlepel Maizena om sous dikker te maak
Voeg nou die perskes by en roer goed deur.
Kan warm of koud bedien word.
Foto: Marina Hiscock en Lilly Snyman
Resep geplaas deur Marina Hiscock
Nota: Elaine Ackerman – Ek maak die sous, bottel en bére. Sit partykeer piesangs, pynappel en elke keer het jy n ander slaai.
Geskuif