

IDEES VIR SOUS OOR PANNEKOEK
Retha Sorum Burger:
Ek het jare gelede ‘n resep gehad vir ‘n kaneelsous wat mens oor die pannekoek gegooi het – die sous trek so in die pannekoek in.
Charmaine Van der Linde:
Jare gelede gesien iemand verf die pannekoek met gesmelte margarien alvorens die kaneelsuiker gestrooi word. Dit vorm dan so ‘n stropie.
Ria Pienaar:
My ma het altyd die gaar pannekoek op die stoof op ‘n kastrol met kookwater gesit terwyl sy gebak het, dan maak dit so suikerige kaneelstroop.
Tharina Marais:
Botter kaneel en suiker met bietjie kookwater, dis wat ek doen. En dis lekker! Ek meng sommer so na skatting.
Luzanne Kleingeld Nel:
My ma smelt nog al die jare bietjie botter in ‘n pot, gooi suiker by en ‘n knippie sout, kaneel en water. Laat dit kook tot suiker alles opgelos is. (Retha Sorum Burger – Dit klink reg, ek kan net ook onthou dat die sousie verdik is net maizena.)
Hildegard Fourie:
Ek gebruik altyd geelsuiker en kaneel. Dit is geneig om ‘n lekker stropie te trek.
Lucille Richardson Huyzers:
Ek rol pannekoek op en pak dit in bak. Dan 1 blik Ideal Melk en 250 ml donker bruin suiker. Kook saam in pot tot suiker gesmelt is. Ek roer maar gereeld. Gooi oor pannekoek en laat staan vir so half uur dat die sous lekker intrek. Bedien warm. Die volgende dag is die pannekoek op sy lekkerste. (±15 pannekoeke)
Odp Bothma:
Ek maak so:
Sprinkel elke pannekoek met kaneel suiker soos ek bak, smelt kaneelsuiker in ‘n bietjie water om ‘n lekker dikkerige stroop te maak en gooi dit oor die pannekoek, na ek almal opgerol het.
Ek gooi ekstra kaneelsuiker op elke pannekoek met ‘n bietjie warm lemoen sap. Rol op. Smelt van die kaneelsuiker in die oorblywende sap en gooi dit oor.
Maak maalvleis gaar en skep dit op die pannekoek in ‘n rytjie. Sit repies mozzarela kaas op die vleis, rol op, pak in ‘n bak, strooi nog kaas oor (mens kan nooit te veel kaas gebruik nie) gooi bietjie room oor en bak tot die kaas lekker gesmelt het. Soms gebruik ons hoender maalvleis.
Rol ‘n bokwurst (kook eers die worsie) op in ‘n pannekoek met kaas plaas in ‘n bak, gooi nog kaas oor en bak tot die kaas gesmelt het.
Maak room spinasie. Skep in ‘n vierkant in die middle van ‘n pannekoek, strooi bietjie kaas oor en vou toe soos ‘n pakkie en bak. Ek hoef seker nie te sê met nog kaas nie!😁
Smeer Nutella op pannekoek, sit ‘n lyntjie room op (of roomys), rol versigtig op, sif versiersuiker liggies oor bedien.
Foto: Ina vd Merwe Jooste






