

HOENDERLEWERPATEE
500 g hoenderlewers, in stukkies gesny
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
6 repies spekvleis (ek het hierdie uitgelos)
125 ml botter
5 ml gedoogte gemengde kruie
2 eetlepels gekapte pietersielie
5 ml mosterdpoeier
20 ml Worcestersous
2 eetlepels brandewyn
2,5 ml tabascosous (ek het hierdie uitgelos)
sout na smaak
30 ml gesmelte botter
Braai die lewer, ui, knoffel in 2 eetlepels botter.
Voeg die res van die bestanddele behalwe die gesmelte botter daarby en prut 5 -10 minute.
Verplup en skep uit in bakkies. Bedek met gesmelte botter en hou in die yskas of vrieskas vir laterre gebruik.
Foto: Benhet Nieuwenhuis






