


GIDEON EN RINIE SE VRUGTEKOEK
My vroulief het die heerlike vrugtekoek gebak. En djeerlik is dit beslis. Lekker niks droog nie.
4 koppies koekmengsel
2 ½ koppies suiker
4 koppies water
250 g botter
140 g kersies, elk in drie stukkies gesny
Voeg al die bestanddele in ‘n kastrol en kook op lae hitte vir 25 minute.
Voeg dan by:
2 teelepels koeksoda
2 koppies gekerfde dadels
En laat dit afkoel.
Voeg dan by dit :
4 koppies gesifte meelblom
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels gemengde speserye
4 geklitste eiers
2 teelepels vanilla essens
½ koppie brandewyn
Meng goed na elke koppie meel wat bygevoeg word.
Voer ‘n broodpan uit met foelie en spuit met spray en cook.
Giet die mengsel in die pan en bak dit in ‘n voorverhitte oond op 140°C vir 3 ure.
Haal uit die oond en giet ‘n halwe koppie brandewyn oor die bodeel en laat staan vir 15 min.
Haal dan uit die pan en keer dit om en giet nog ‘n halwe koppie brandewyn oor die onderste deel.
Na n week se staan, as dit so lank hou, kan jy nog ‘n halwe koppie brandewyn oorgiet.
Vroulief draai dit goed toe in foelie en bêre in die yskas, dan kan dit baaie lank hou, gewoonlik word dit gou opgeëet.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
2de Foto: Nicolette Benjamin – ekt net in koekpanne gemaak, neute ingegooi en dit geglaze – dis so halwe koppie of minder appelkoos konfyt en 2 eetlepels brandewyn wat jy saam kook en roer tot goed gesmelt, smeer oor die koeke







Geskuif