

ANNETJIE SE BROODDEEG-RESEP
8 koppies koekmeel
½ koppie botter of margerien
1 pakkie gis
30 ml sout
80 ml suiker
louwarm water
Gooi al die bestanddele saam, werk botter deur deeg en knie dan met die water tot gladde deeg.
Bedek en laat rys tot dubbel die hoeveelheid. Knie af, sit in gesmeerde panne en bak by 180ºC vir ongeveer 1 uur of tot hol klink wanneer jy daarop klop vir brood, of bak vetkoek soos normaal in warm olie.
Gebruik vir brood of vetkoek.
Resep en foto: Annetjie Jerling






