

SKAAPMAALVLEIS OP OOP PITA BROOD
‘n Pita brood wat oopgesny is en gestop is met skaap maalvleis wat gegeur is na jou keuse en ‘n paar rooi spinasie blare is sommer baaaaie lekker!
Ek het by 500 g gaar maalvleis gevoeg:
2 eetlepels chutney
1 teelepel sout
1 teelepel swartpeper
2 eetlepel Worcestersous
1 teelepel Italian herbs
1 ui gekerf en vooraf gekarameliseer
1 eetlepel suiker
Braai die mengsel lekker deur met bietjie olie in ‘n pan op die stoof, en bedien op lekker vars Pita Brood.
Foto en resep: Gideon Louw






