

RUSSIESE VERSIERSEL
500 g regte botter
250 g Holsum (vegetable shortening)
2 blikkies kondensmelk
geursel van jou keuse
Jy klits die botter en holsum tot dit lig en meer as verdubbel het in volume, gooi dan enige geursel by soos bv vanilla en die kondensmelk, klits goed tot dit romerig is, dit sal op ‘n stadium lyk of dit “gesplit” het, hou net aan klits en versier.
Al het dit kondensmelk in is dit glad nie oorsoet nie.
Jy kan enige geursel bv. vanilla of karamel of net dit wat vir jou lekker is, byvoeg.
Resep geplaas deur Dina Venter
Foto: Dina Venter






