

PETRE SE GESONDHEIDSBESKUIT
Resep en Foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Smelt saam:
500 g margarien
2 koppies melk/karringmelk
1 koppie klapper
2 ½ koppies bruinsuiker
Roer intussen:
1 kg bruismeel
1 koppie semels
1 koppie sonneblompitte
20 ml bakpoeier
5 ml sout – afgeskraap
Meng goed.
Druk uit in beskuitpan en bak teen 160°C vir 45 minute.
Kan ook in die mikrogolfoond gemaak word.
Spuit 3 x 2 liter roomysbakke, deel deeg in 3, druk vas in roomysbakke.
Mikrogolf op hoog vir 10 minute, gooi dadelik uit en sny in vingers. Laat afkoel, droog uit in oond.







Geskuif na yourrecipeblog op 16 Aug 2021.