


PERFEKTE VANILLA KOEK
Sif saam:
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
Verhit saam:
1½ koppie water
½ koppie sonneblom olie
Klop saam tot lig en skuimerig:
4 extra groot eiers
1¾ koppie wit suiker
1 teelepel vanielje
Klop nou die meel en water mengsel beurtelings by eiermengsel op lae spoed tot gemeng, deel mengsel tussen 2 gesmeerde 22 cm panne en bak vir 35 min op 160°C.
SJOKOLADE KOEK:
Jy kan ook 90 ml kakaopoeier by die oliemengsel voeg en 5 ml fyn gemmer by die meelmengsel en ‘n heerlike sjokoladekoek bak.
YSTERVARKIES:
Vir ystervarkies, bak die koek die dag voor die tyd, sny dan in blokke en doop in die volgende stroop:
400 ml kookwater
15 ml botter
750 ml versiersuiker
80 ml kakao
5 ml vanilje
Kook alles saam vir 2 min behalwe die botter, haal van hitte af en roer die botter by, doop die koekstukkies vinnig daarin (nie week nie) laat afdrup en rol in klapper.
Resep en eerste foto: Magda Van Der Merwe
Tweede foto: Rina Brits







geskuif