

PEPPERMINT CRISP TERT GROOTMAAT
Resep en foto: Juanita Vermeulen
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakke Tennisbeskuitjies
3 blikke caramel treat (oorspronklike een)
1 liter room
2 groot slabs peppermint sjokolade (ek het Bubbly gebruik, Aero werk ook baie goed)
Klits die room en caramel treat saam totdat die room styf is.
Rasper die sjokolade (hou so klein bietjie eenkant om bo-op te strooi) en meng saam met die room mengsel.
Pak ‘n lagie tennis beskuitjies, gooi dan ‘n lekker dik laag van die room mengsel.
Pak weer laag tennis beskuitjies en dan weer laag room mengsel.
Hou so aan totdat die mengsel klaar is maar einding met die room mengsel.
Sprinkel gerasperde sjokolade (die bietjie wat eenkant gehou moet word) bo oor en sit in die yskas om te stol.
So 4 ure is genoeg maar oornag is dit lekkerder.
Dis genoeg vir 20 – 30 mense hang af hoe groot die mense die porsies skep.
In ons geval was die tert binne sekondes verober en ons was 20 mense.






