OUTYDSE GEMMER POEDING
2 koppies meel
1 koppie suiker
2 koppies melk
1 eetlepel asyn
2 eiers
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels gemmer
2 eetlepels appelkooskonfyt
Voorverhitte oond tot 180°C. Spuit oondvaste bak met spray en cook.
Los die koeksoda in ‘n bietjie van die melk op.
Meng die nat bestanddele saam. Sif droë bestanddele saam in aparte bak. Meng die nat bestanddele by die meelmengsel in en skep mengsel in voorbereide bak. Bak vir 40 tot 45 min. tot gestol en bruin.
Kook die volgende saam vir die sous:
1 koppie suiker
2 teelepels gemmer
1½ koppie water
Gooi die warm sous oor warm poeding sodra die poeding uit die oond uitkom.
Laat staan ‘n rukkie en bedien met vla of roomys
Foto: Linda Diedericks
Resep geplaas deur Linda Diedericks