

FILO SAMPIOEN BOMME
1 pakkie sampioene
Fetakaas
Peppadew
Filodeeg
Vou een knopie-sampioen saam met ‘n blokkie fetakaas toe in ‘n filodeeg vierkantjie (grootte sal afhang van die sampioentjies).
Jy kan ook ‘n stukkie peppadew by elke pakkie insluit vir bietjie byt. Bind elke bondeltjie toe met ‘n toutjie/garinkie, en diepbraai in olie tot mooi goudbruin. Verwyder toutjies voor opdiening. Dit lyk baie indrukwekkend met twee sulke bondeltjies saam op ‘n bordjie met ‘n blaartjie vars roket of vinkel.
Resep: Elzanne Labuschagne Nel






