

HOENDERSLAAI MET MAYONNAISE, MOSTERD EN HEUNING SOUS
Aandete!
Slaai: Gewone Griekse slaai
(Genoeg vir 2 persone)
3 hoenderborsies, in repe gesny
½ ui, grof gekap
½ knoffelhuisie, fyn gekap
sout en grof gemaalde swartpeper na smaak
1 tiemie takkie
Braai repe, uie en knoffel tot uie deurskynend is.
Voeg by:
2 groot lepels mayonnaise
½ teelepels worcestersous
2 teelepels korrel mosterd
2 eetlepels heuning
‘n bietjie water om ‘n sous te maak
Prut vir ‘n minuut of 2 en die sous verdik.
Skep op Griekse slaai en garneer.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld







geskuif