

FRANCES SE PYNAPPELSLAAI
2 blikke stukkies pynappel
250 ml suurroom
¼ blik kondensmelk
Dreineer die stroop af van die pynappels af.Maak seker dis baie droog, as jy haastig is druk oortollige stroop uit.
Meng suurroom en kondensmelk saam.
Giet bo-oor pynappels en meng goed deur.
Sit in yskas vir minimum 1 uur.
PS: hierdie proe meer soos poeding 🙈
Resep en foto: Frances Smith







Geskuif