BABS SE VINNIGE BISCOTTI
1 x 500 gr pakkie Sasko Quick treats Scone mix
3/4 koppie suiker
4 eiers
200 gr donker smelt sokolade
100 gr gekapte amandels
Klits eiers en suiker. Voeg sjokoladesplinters en amandels by meel, roer goed deur.
Voeg die eiermengsel by en meng goed om ‘n deeg te vorm.
Keer uit op foelie of klingwrap en vorm ‘n dik wors.
Ek deel dit in twee of drie worse. Sodat die ander koud bly in die yskas.
Vou toe met die foelie en sit in yskas vir 10-15 min. Dit kan langer ook wees.
Sny in skywe en bak by 140°C vir 20 min.
Hou maar dop vir brand.
Ek gebruik ook die pakkies gekapte neute wat verkoop word teen R8-00.
Resep: Babs van der Westhuizen