
AVOKADO EN TUNA PASTASLAAI
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
170 g blikkie tuna – water gedreineer of meer indien verkies
1 koppie kersie tamaties, gehalveer
½ rooi ui, fyngekap
410 g blik heel pitmielies – vloeistof gedreineer
1 avokado, gesny in blokkies
2 koppie gaar penne pasta
sout en varsgemaalde swart peper, na smaak
2 eetlepels gekapte vars koljander
Slaaisous:
60 ml olyfolie
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
¼ teelepel fyn komyn
Om op te bedien: botter slaaiblare, skoon gewas
Kook die pasta volgens die aanwysings en laat heeltemal afkoel.
Meng die tuna, tamaties en ui in ‘n groot bak . Voeg die pitmielies by en meng.
Voeg die avokado en pasta by en meng net liggies.
Meng die slaaisous bestanddele en skep oor die slaai.
Geur met sout en peper na smaak en meng die gekapte kolanderblare by.
Om te bedien, plaas ‘n slaaiblaai of twee op elke bord, en skep die slaai binne in die slaaiblaar, dat die slaaiblaar dien as ‘n bakkie vir jou slaai, sprinkle nog bietjie vars koljander of pietersielie oor.






