

ALIDA SE ONTBYT QUICHE
1 rol skilferkorsdeeg of broskors deeg
5 eiers
1 koppie melk
ham en uie (soveel soos jy wil)
gerasperde kaas
Plaas deeg onderin in ‘n gespuite reghoekige oondbak.
Strooi nou alles wat jy as vulsel wil gebruik maw ham, uie, ens in die kors.
Klits die melk en eiers saam en gooi dit oor die vulsel, strooi dan laastens genoeg kaas oor.
Bak teen 180ºC vir ongeveer 30 – 40 minute tot goudbruin.
Ham en uie kan met enigiets vervang word wat jy in jou kas/yskas het.
Resep en foto: Alida Siebert







Geskuif