


TUISGEMAAKTE LAMS PATTIES
‘n Burger bun moet lekker wees vir hierrie tuisgemaakte patties met my tuisgemaakte maalvleis.
1 kg maalvleis (lam)
2 eetlepels blatjang
1 teelepel chillieflakes
2 eiers
½ koppies broodkrummels
2 eeetlepels worstersous
1 ½ teelepel sout
1 teelepel peper
1 groot ui, fyngekap
Meng alles saam en maak patties met die hand 20 mm dik en + – 100 mm in deursnee.
Sit in die yskas tot jy dit gaan gaarmaak, of vries dit op hierdie staduim.
Braai op die vuur of in die pan na smaak.
Ons gaan vanaand burgers maak.
Resep en foto: Gideon Louw






