

SODAWATER KORS
4 ½ koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 ½ teelepel kremetart
280 ml sodawater
geel van 2 eiers
2 eetlepels wit asyn
500 g botter
Rasper botter in meel, sout en kremetart in, vryf met vingers in tot dit soos krummels lyk.
Meng geklitste eiergele by sodawater in, meng goed en roer asyn laaste in by sodawater.
Meng sodawatermengsel in by meelmengsel en meng om ‘n lekker deeg te vorm.
Maak deeg toe in kleefplastiek.
Laat rus in yskas 8 ure en gaan geniet ‘n teetjie of wyntjie.
Gebruik oor hoendervulsel vir pasteie.
Ek het die hoender sag gekook met naeltjies en fyn gemaak, my man love naetjies(hoeveelheid na keuse)
Kook fyn hoender deur met 1 pakkie soppoeier, en laaste voeg 250 ml room in.
Ek het uie en sampioene apart gebraai, meng alles saam en laat hul ‘n wyle met mekaar gesels op die stoof.
Sit in oondbak en as afgekoel het, trek sy lekker deeg kombers aan. Rol die deeg uit, en sit oor die hele vulsel, seël die kante goed. Sprinkel paprika bo-op en bak 180ºC vir so 30 min.
Nota: Hierdie deeg en pastei vries fantasties, vries die rou pastei, en bak wanneer nodig.
Resep en foto: Petro Kloppers






