GRANADILLA SUURLEMOENMERINGUETERT
Kors:
¾ van n 200 g-pakkie Mariebeskuitjies, gekrummel
80 g botter gesmelt
Vulsel:
385 g kondensmelk
125 ml (½ koppie) suurlemoensap
5 ml (1 teelepel) suurlemoenskil, fyn gerasper
3 eiergele
115 g granadillapulp
Meringue:
3 eierwitte
125 ml (½ koppie) strooisuiker
5 ml (1 teelepel) druiweasyn
15 ml (1 eetlepel) mielieblom
Voorverhit die oond tot 180°C en spuit tertbak.
Kors – Meng die koekies en botter en druk op die bodem van die bak vas.
Vulsel – Klits die kondensmelk, suurlemoensap, -skil, eiergele en granadillapulp saam en giet die mengsel op die kors.
Meringue – Klits die eierwitte styf en voeg die strooisuiker geleidelik by.
Voeg die asyn by en sif die mielieblom oor die eierwitte en vou in, dit sal die skuim stabiliseer.
Sif bietjie mielieblom oor die vulsel, plaas die meringue bo-op die tert en bak die tert in die voorverhitte oond vir 10 min of tot die merinque ligbruin is bo-op.
Nota: Ek sal eierwit minder maak, 3 eierwitte is te veel vir my.
Resep en foto: Stompie Thessner