

MEISIE SE HERDERSPASTEI
Maak solank jou kapokaartappels voor die tyd.
6 aartappels in blokkies gesny tot sag en gooi water af.
Margarien en sout by gaar aartappels en melk en druk fyn en roer goed deur.
Hou jou kapokaartappels eenkant.
2 medium opgekapte ui, fyngekap
1 groen soetrissie, fyngekap
1 wortel, fyngekap
1 aartappel, in klein blokkies gesny
500 g maalvleis
1 eetlepel braaivleis speserye
2 eetlepels seesout
½ koppie blatjang
Braai uie en soetrissie tot sag .
Voeg maalvleis by uie mengsel en voeg ook die aartapppelblokkies en wortel by, voeg res van bestanddele by en 1 koppie water en kook oor matig hitte tot wortel en aartappel sag is.
Pak vleis mengsel in bak skep kapokaartappels bo op, krap mooi met vurk en verf met eier.
Ek het kaas oorgestrooi, soos op die foto.
Bak vir 30 min. by 180ºC vooraf verhitte oond tot kapokaartappels ligbruin is.
Resep en foto: Meisie van der Colff







Geskuif