

KOPERPENNIE WORTELSLAAI VIR BOTTEL
Maak eers die sous:
250 ml (1 koppie) suiker
375 ml druiwe asyn
1 blikkie tamatiepasta
10 ml Worcestersous
10 ml (2 teelepels) aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
30 ml (2 eetlepels) mielieblom, aangemaak met bietjie koue water
Meng die bestanddele vir die sous en verhit tot die suiker opgelos is.
Laat goed deurkook (die resep is ‘n basiese tamatiesous).
750 g geelwortels, geskil en in skyfies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 groot ui, in ringe gesny
Kook die wortels in water tot sag maar nog bros (nie pap).
Dreineer en voeg die soetrissie en ui by, asook die kokende sous en laat weer so rukkie kook.
Skep die slaai warm in gesteriliseerde flesse en verseël. Dit hou letterlik ‘n jaar en langer.
Resep: Esmé Randall







Done