

KOESISTERS (Ek kry omtrent 3 dosyn uit hierdie resep)
6 koppies koekmeel
1 pakkie yeast
knippie sout
1 eetlepel anys
80 ml suiker
1 eier
1 koppie lou water
1 koppie lou melk
60 ml gesmelte botter
klapper
Stroop:
3 koppies suiker
1.5 koppies water
kaneelstok
Kook alles saam tot dit borrel.
Plaas al die droë bestanddele in ‘n mengbak en los die gis op in lou water.
Laat staan 5 minute.
Meng eier, botter en melk saam.
Meng by droë bestanddele saam die gismengsel. Knie vir 10 min. Laat rys vir ‘n uur.
Maak balletjies en braai in diep olie tot bruin. Doop in warm stroop en sprinkle met klapper.
Foto: Suzanne Petersen






