KOESISTERS (Ek kry omtrent 3 dosyn uit hierdie resep)
6 kp koekmeel
1 pk yeast
knippie sout
1 eetlepel anys
80 ml suiker
1 eier
1 kp lou water
1 kp lou melk
60 ml gesmelte botter
klapper
Stroop:
3 kp suiker
1.5 kp water
kaneelstok
Kook alles saam tot dit borrel.
Gooi al die droë bestanddele in ‘n mengbak en los die gis op in lou water.
Laat staan 5 minute.
Meng eier, botter en melk saam.
Gooi by droë bestanddele saam die gismengsel. Knie vir 10 min. Laat rys vir ‘n uur.
Maak balletjies en braai in diep olie tot bruin. Doop in warm stroop en sprinkle met klapper.
Foto: Suzanne Petersen